top of page

Koeke op skou


KOM SPOG MET JOU VERSIERDE KOEK BY DIE STELLENBOSCH SLOW MARKET EN SIEN OF JY ‘N KOEKEDOOR SE HART KAN STEEL

Donderdae aande was ons almal vasgenael voor kykNet se Koekedoor en het ons mos geglo ons kan koeke net so goed bak en versier soos die deelnemers. Nou is die tyd om dit te bewys! Met ‘n tema van sjokolade en lemoen nooi ons jonk en oud om te kom spog met jou kreatiewe koekskepping op Saterdag, 23 Julie by die Stellenbosch Slow Market.

Met Koekedoor-koors wat nog hoog loop nadat seisoen 2 sopas geëindig het, kan besoekers uitsien om top 3-finalis Sanet Eigelaar (‘kom ons bak ‘n ding’) sowel as die übertalentvolle Kanya Hunt (koningin van sjokoladewerk- en spuitsak) te ontmoet. Saam met die geliefde Koekedoor beoordelaar Mari-Louis Guy en Errieda du Toit, skrywer van die reeks se Koekedoor-boek en inhoudsvervaardiger, gaan hulle besluit wie se koek gaan koning kraai.

Dit sal ook die eerste publieke bekendstelling van Human & Rousseau se nuwe Koekedoor 2 bakboek wees en aanhangers van die reeks kan uitsien om saam met die bekendes skouer te skuur asook om met ‘n selfie en ‘n handtekening te spog. Koop sommer ook ‘n Koekedoor 2-bakboek en laat die koek-koninklikes jou boek teken.

Vir die kompetisie is die klem op versiering en diegene wat graag hul vernuf met ‘n koek wil kom vertoon kan registreer deur ‘n e-pos te stuur aan chocolateandorangecake@gmail.com. Deelnemers (van enige ouderdom) moet egter by die sjokolade en lemoene / oranje tema hou. Inskrywings is R50 ten bate van die liefdadigheidsorganisasie Cupcakes 4 Kids with Cancer, en lekker pryse is op die spel - insluitende ʼn getekende Koekedoor 2 boek, ‘n koopbewys van R1 000 om by The Baking Tin te spandeer, en veel meer.

Behalwe vir die Koekedoor-hoogtepunte van die dag kan besoekers verder uitsien na ‘n heerlike verskeidenheid van verrassings en vars produkte van die gewilde vervaardigers wat weekliks van hul gewildste produkte by die Stellenbosch Slow Market verkoop. Verder gaan sjokolade, nartjies, lemoene en als wat oranje is koning kraai op die dag.

Toegang tot die mark is verniet en parkering is vrylik beskikbaar. Vir verdere inligting, besoek www.slomarket.co.za, skakel + 27 21 886 8514 of stuur ‘n e-pos aan brand@slowmarket.co.za.

Gesels ook saam op Facebook (SlowMarket), Twitter (@TheSlowMarket), Instagram (SlowMarket) en Pinterest (SlowMarket).

DATUM: Saterdag, 23 Julie 2016

TYD: 09:00 – 14:00 (wanneer mark oop is)

10:00 – 11:00 Registrasie van koeke

11:00 Beoordeling

11:30 Prysuitdeling en aankondiging van wenner

PLEK: Oude Libertas, Stellenbosch

ADRES: Hoek van Oude Libertas Straat & Adam Tas Straat, Stellenbosch

TOEGANG: Gratis

Recent Posts

See All

Nederburg Slow Market

Slow Market Nederburg at Nederburg is at the historical Nederburg Wine Estate in Paarl, open every Saturday and Sunday from 9:00 to 15:00 come rain or shine. Slow down and enjoy, fresh country air, l

Featured Posts
Recent Posts
Follow Us
Search By Tags
Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page